Jy moet asb. 'n gebruiker op verwoerds.org skep en deur die webwerf hier aanmeld. Dui asb aan indien jy geregtig is op familie-afslag. Dit sal deur die komitee bevestig of afgekeur word.
Kliek op "Bespreking / Wysiging" hierbo en volg dan die prosedure hieronder. (As jy nie die blokkie sien nie, moet jy eers aanmeld of registreer.)
A. Nuwe bespreking: rol af, kliek op 'n beskikbare datum en vul die vorm in met jou besonderhede.
B. Wysiging: kliek op 'n bestaande bespreking om veranderings aan te bring. Jy kan slegs jou eie bespreking verander. As jy dalk 'n tweede profiel geskep het, moet jy met die regte een ingeteken wees om wysigings te kan maak.
C. Besprekings kan ook per e-pos deur Marlé Stoman (mstoman@diamantvallei.co.za) gemaak word, indien nodig.
Indien daar gemeenskaplike belangstelling in dieselfde tydgleuf is, is daar soms ruimte vir onderhandeling oor spesifieke datums en neem ons graag mekaar se behoeftes in ag.
Navrae kan gerig word aan:
Marlé Stoman (Pretoria): mstoman@diamantvallei.co.za
Kontak ons asb. indien daar enige probleem is.